Quantcast
Channel: Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
Viewing all 2150 articles
Browse latest View live

Afsluiting: Klein-Brakrivier

$
0
0

Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Afsluiting

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 2 November 2020

 

Klein-Brakrivier het 2020 op ‘n ligte en informele, maar gepaste manier afgesluit. Lede met familie en vriende het almal by die plaaslike kwekery “Ornamental Gardens” byeengekom. Nadat almal die nodige sanitasie prosesse deurgewerk het, is daar lekker in die pragtige tuine gekuier en natuurlik heerlik gesmul.

2020 was ‘n vreemde en moeilike jaar, maar lede is vol entoesiasme vir ‘n nuwe jaar vol uitdagings.

 

 

 

 

 

 

Lede kuier gesellig saam.

 

The post Afsluiting: Klein-Brakrivier appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.


Afsluiting: Bredasdorp

$
0
0

Sirkel: Overberg

Tak: Bredasdorp

Afsluiting

Beriggewer: Letty-Ann Möller

Datum: 3 November 2020

 

Olé! of dan Ja -WOL!

Die jaarafsluiting van VLV Bredasdorp tak was, soos Pierre Vlok later in hierdie berig oor WOL sê, ‘’n emosionele ding”.  Die opwinding het begin met die voorbereiding van die Spaanse tapas-geregte , die opmaak van die Agri-opleidingsaal en die opmaak van geskikte kersgeskenke – handgemaakte kerskranse –  aan die rugkant van elke oorgetrekte stoel.  Adéle Dreyer se  ‘Ball Room Latin American’ dansskool,  het die Spaanse tango kom doen en die dames se spontane “WOW!” het die middag van 3 November 2020  effektief opgesom.

Die sekretaresse, Annemi Fourie, het ‘n pittige en feitebelaaide jaarverslag aangebied waarin sy Covid-19 bedank het vir die innoverende uitdaging wat dit vanjaar aan die VLV-tak gebied  het.

Die voorsitter van VLV-Bredasdorp, Annette van Eeden,  het haar onderskei as beste voorsitter van Overberg Sirkel en die tak het 11 van die 18 konferensietrofees gekry.  “Hoe lyk dit met 12 volgende jaar?”, wou  Annette met ‘n knip-oog weet.  “Dit gaan natuurlik nie oor die bekers nie!”  Die idee is dat almal by mekaar leer want die VLV belê vanjaar en in 2021 in die vrou!

‘n Ander projek, dié van Plastiek, ons Vyand, het die volle sirkel van herwinning voltooi toe ‘n trofee van ‘n skaapkop wat deur die grafiese 3-D kunstenaar, Christelle van der Westhuizen, ontwerp is en deur Nobel fm se bestuursgroep geborg is, deur die VLV aan BKB geskenk is as toekomstige wisseltrofee vir ‘n prestasietoekenning in die wolbedryf.

Pierre Vlok, Bestuurder: Wol, Wes-streek , BKB, het die trofee namens BKB in ontvangs geneem en het onderhoudend van die rol wat plaaslike mense in die wolbedryf speel, vertel ”Ek dink aan  Anton Brink en ek dink aan Lompies.  Almal het van Anton geweet  maar Lompies is die klein vroutjie wat die krag was agter hom, Lompies was altyd daar.  Ek wil vir hulle dankie sê.  Hulle het BKB se naam hier gevestig en vir BKB is dit altyd ‘n voorreg om met wol te werk…ver voor die Bybel se tyd is daar mense wat  al met wol gewerk het.  Daar is skaap geskeer iets soos 800 jaar voor Christus met skêre wat amper lyk soos vandag se goed.  Wol was ‘n unieke kommoditeit.  Jy was ryk as jy wol gehad het. Wol is ‘n unieke stof met unieke mense wat met wol werk‘n Wolskeersel is ‘n emosionele ding.  Wolskeersel kan jy bemark by ‘n persoon as jy sy vertroue gewen het, as jy waarde toegevoeg het tot sy besigheid en as jy vir hom iets beteken het.  Dan sal hy dink daaroor want wol is ‘n emosionele ding en ek sal nog baie lank oor wol kan praat.   Voorsitter, dankie vir hierdie wonderlike trofee.  Ons sal mooi daarna kyk en die hele BKB sê vir jou baie dankie.”

Pierre Vlok, Bestuurder: Wol Wes-Streek, van BKB, ontvang ‘n trofee wat as wisseltrofee vir prestasies in die wolbedryf aangewend kan word van Projekleier, Letty-Ann Möller.  Die VLVK projek: Plastiek, ons Vyand.

 

 

 

 

 

 

 

Carin Brink, Sameroeper Landbou, oorhandig geskenke aan Annette van Eeden, uithaler voorsitter VLV Bredasdorp tak.

 

 

Theresa Stokes en Brenda Botha geniet saam tapas.

 

 

 

 

Die bedrywige Dr Visser (voor) ruim tyd in om die tapas-ete by te woon.  Sy het twee trofees (tak en konferensie) vir die mees uitstaande borduurwerk ontvang.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tapas in oorvloed!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Carene Cooper het haarself oortref met die tapas-ete vir die afsluitingsfunksie van VLV Bredasdorp tak.

 

 

The post Afsluiting: Bredasdorp appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

VLV-lid hardloop vir liefdadigheid

$
0
0

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 11 November 2020

 

VLV-lid hardloop vir liefdadigheid

Saamroeper vir Gesondheid, Alta Roets, stel vir Karin van der Walt bekend.

Karin van der Walt is sedert 2016 ‘n lid van Kuruman VLV-tak. “2020 was ‘n jaar wat my verander het,” sê sy op Woensdag 11 November 2020 tydens Kuruman VLV-tak se jaarafsluiting by Boa-fé.

Karin van der Walt deel haar verhaal tydens Kuruman VLV-tak se jaarafsluiting.

 

 

 

 

Karin is pas gekeur om deel te wees van ‘n groep van vyf dames wat 200km gaan hardloop van die Drakensberge af Durban toe van 26 tot 28 November 2020 as deel van ‘n fondsinsamelingsprojek wat deur die Akanani Sport, Recreation and Development Group van stapel gestuur word. Die doelwit is om R250 000 in te samel om vir 20 studente die geleentheid te gee om ‘n AgriSkills-kursus te kan voltooi.

Sy skryf die prestasie toe aan 2020 en die wonderlike geleenthede, soos virtuele marathons, wat dié vreemde jaar teweeg gebring het.

 

Akanani Plakkaat

 

Dit sal die eerste keer wees dat Karin 200km aanpak. Sy beskryf haarself eerder as ‘n hardloper as as ‘n atleet.

Karin het voorheen gedien op die raad by Atletiek Gauteng-Noord, Atletiek Suid-Afrika spanbestuurder, Gauteng-Noord spanbestuurder en sy was ook die eienaar van Bashewa Athletics Club.

Sy het atlete na marathons geneem en terwyl hulle die 42km hardloop, het sy begin om die 21km te hardloop, eerder as om heeldag in die warm kar te sit. Dan is sy boonop betyds klaar om hulle by die wenstreep af te neem.

Op 3 Oktober 2020, het Karin die Run/Walk for Life-klub in Kuruman gestig. Die stigting van dié klub het tot gevolg gehad dat Colleen McNally, Voorsitter van Road Running Central Gauteng vir Karin genomineer het om aan die Akanani Charity Run deel te neem. Daarom sê Karin: “Eintlik is hierdie ‘n bakgat jaar!”

Die Run/Walk for Life-klub in Kuruman, bestaan uit omtrent 99% stappers en 1% drawwers. Karin sê: “Dit is ongelooflik om vir die eerste keer in my lewe geen druk te hê nie. Ons stap as ons wil stap. Jy kompeteer slegs teen wie jy gister was.”

Die klub kom drie maal ‘n week – Maandae, Woensdae en Vrydae by Hoërskool Kalahari se gronde bymekaar. Karin stap elke tree saam met elke persoon en probeer almal so veilig as moontlik hou.

 

 

Sonja Thomas-Hayes.

 

Sonja Thomas-Hayes sê: “Ek het by Run/Walk for Life in Kuruman aangesluit en is nie ‘n oomblik spyt nie. Afgesien dat Karin van der Walt ‘n super leier is, is dit die aangenaamste vroue wat aangesluit het. En ek het met die ingesteldheid aangesluit: Ek is my eie kompetisie. Dit is ongelooflik lekker om myself aan myself te bewys en beter en fikser te word. Ek het nooit gedink dat 2020 my jaar gaan wees van begin oefen nie!”

Van 16 tot 21 November 2020, neem lede (en nie-lede) van die klub deel aan The Progressive Marathon. Die uitdaging is om 9km, 21.1km of 42.2km oor ses dae te voltooi. Jy deel dus die afstand wat jy kies deur ses dae. Jy moet dan op die ses agtereenvolgende dae elke dag daardie klein afstand voltooi. Elke deelnemer ontvang boonop ‘n medalje.

The post VLV-lid hardloop vir liefdadigheid appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

NOK hou Sirkeldag

$
0
0

 

Sirkel: NOK

Studierigting:  Leefstyl, Kunste & Handvlyt en Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 7 November 2020

 

25 lede van Sirkel NOK se 6 takke het op Saterdag 7 November by Die Plaaskombuis by die ou Stormberg-stasie naby Molteno vergader om meer te leer van volgende jaar se VLV-kompetisies. Nadat Sirkelpresident Irma Davel van Molteno almal verwelkom het, is die dag geopen deur Voorsitter Helen Noorman van Molteno met ‘n Briefie aan ‘n Kosbare Vrou. A.g.v. die Onderstebo-Agterstevoor jaar wat 2020 was, is almal gevra om ook só aan te trek, en elkeen moes wys hoe lyk haar onpaar skoene, en agterstevoor en onderstebo klere!

 

Leefstyl-saamroeper,  Megan Moorcroft van Sterkstroom het alle naaldwerk en gebak kompetisies op haar gewone deeglike manier behandel. Sy het verduidelik hoe om Komkommersuurtjies en ‘n Gemmerbroodjie te maak, waar ‘n knippie peper die geur van gemmer uitbring. Die voorbeelde van haar heerlike toffies (wat met régte botter gemaak is) is baie gou deur die aanwesiges verorber! VLVK-kompetisies is ook behandel.

 

Die NOK-kompetisies vra vir ‘n strook geborduurde kerspitwerk op ‘n klein handdoek, ‘n gebreide bababaadjie, en ‘n hoek-tot-hoek kniekombersie (waar jy met net ‘n paar steke begin en elke ry vermeerder, totdat jy ná die verlangde breedte bereik is, weer elke ry steke verminder). Vir masjienwerk moet ‘n baie gewilde inkopiesak gemaak word. Vir die eerste keer gaan kinders genooi word om vir Konferensie blokkies te brei wat slegs 30 steke en 48 rye behels. Daar word dan ‘n hasie van elke blok gevou, en ‘n pompom-stertjie gevorm deur wol om ‘n vurk te draai. Ná Konferensie word dit dan aan ‘n kindersorgoord geskenk, en die wenner sal ook ‘n prys ontvang.

 

Irma Davel is Sirkel NOK se saamroeper vir Kunste & Handvlyt en het wenke gegee vir VLVK se Woordkuns, Fotografie, en Handvlyt. NOK se Scrapbook se tema is “My Metgesel” – wat nie noodwendig jou lewensmaat is nie. Die Inkleurkompetisie is ‘n ronde Mandala met verskillende media ingekleur, en die Handvlyt-kompetisie is ‘n selfgemaakte horlosie wat met “Waterslide Transfers” versier is. Liezl Stier van Molteno het die oulikste 3D quilling-figuurtjies gedemonstreer. Marie Pretorius van Molteno het die Rangskikking behandel, waar die houer (kan selfgemaak wees) die fokuspunt is. Die “blomme”  moet ook vetplante wees, met 1-3 vars blomme tussen-in. Die Tafelkompetisie is so reg in die Covid-gees en moet vir ‘n ma of ouma se 80ste verjaardag wees, maar sy sit alleen aan tafel! Daar moet ook ‘n gediggie of storie oor die persoon geskryf en saam met ‘n foto van haar, uitgestal word.

 

Lenie Fourie van Dordrecht is NOK se Landbousaamroeper en het gevra vir 3 klippe wat met kolkuns versier is en buite in die tuin as versiering uitgestal moet kan word. Vir herwinning het sy gedemonstreer hoe 3 versierde glasbottels as tafelversierings gebruik en vertoon moet word.

 

Vir elkeen was daar dus IETS wat haar interesseer en wat sy graag sal wil maak. Ter afsluiting het Helen Noorman ‘n gedeelte gelees oor Vader Tyd en Moeder Natuur. Alles was met soveel entoesiasme aangebied, dat die lede behoorlik begeesterd huiswaarts gekeer het!

Die 3 gasvroue van Molteno: Maureen Erasmus, Marie Pretorius (eienaar van Die Plaaskombuis), en Anneke Potgieter, wat ook ‘n stalletjie met gebak te koop aangebied het.

Aanbieders van demonstrasies was Lenie Fourie van Dordrecht (Landbou), Retha Peens van Queenstown (Papier mache), Liezl Stier van Molteno (Quilling), Megan Moorcroft van Sterkstroom (Gebak en Naaldwerk), Marie Pretorius van Molteno (Blommerangskikkings), en  Irma Davel van Molteno (Kunste).

Binne die gebou

Die gebreide hasies vir die kinderkompetisie

Tuinklippe versier met kolkuns

Retha Peens demonstreer die maak van die masker n.a.v. die haas wat sy vroeër gemaak het.

 Voorbeelde van Liezl se 3D Quilling figuurtjies.

 

 

The post NOK hou Sirkeldag appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

WhatsApp wenke

$
0
0

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 11 November 2020

 

WhatsApp wenke en Kersmark

Erika Sieberhagen verduidelik stap-vir-stap hoe ‘n mens WhatsApp kan stel sodat ‘n mens minder foto’s op groepies outomaties aflaai en stoor.

 

Erika Sieberhagen, Saamroeper vir Opvoeding & Kultuur, het tydens Kuruman VLV-tak se jaarafsluiting op Woensdag 11 November 2020 ‘n stap-vir-stap verduidelik hoe ‘n mens WhatsApp kan stel sodat ‘n mens minder foto’s op groepies outomaties aflaai en stoor, wat baie data gebruik en jou selfoon se geheue onnodig vol maak.

Maak WhatsApp oop. Daar is drie kolletjies regs bo. Kliek op die kolletjies. Kies die “settings” opsie. Kies dan die “Storage and data” opsie. Onder die “Media auto-download” hofie, is daar ‘n opsie vir “When using mobile data” en vir “When connected on Wi-Fi”. Elke persoon kan hier self kies wat vir hulle die beste sal werk.

As jy wil keer dat ‘n spesifieke groepie se foto’s jou selfoon se geheue vol maak, volg dan weer die volgende stappe:

As jy in die groepie self is, kliek op die drie kolletjies regs bo langs die groepie se naam. Kies dan die “Group info” opsie.

By “Media Visibility” kan jy “No” kies as jy nie wil hê dat die foto’s in jou foon se “Gallery” moet gaan lê nie.

Nog ‘n waardevolle WhatsApp wenk, is dat ‘n mens op jou rekenaar kan WhatsApp. Gaan na https://web.whatsapp.com/ op jou rekenaar. Kliek dan op die drie kolletjies op jou selfoon se WhatsApp. Kies die “WhatsApp Web” opsie. Neem dan die “QR Code” op jou rekenaar met die blokkie op jou selfoon af en siedaar!

As deel van dié geleentheid, kon lede en plaaslike entrepreneurs goedere by ‘n mini-kersmark verkoop.

Magriet van Zyl van Poppiedops Aanlyn Boetiek by haar stalletjie.

Alta Roets se ingelegde produkte.

Dié sprokiesmooi Kersfees-jaarafsluiting by Boa-fé Wedding, Function & Conference Venue in Kuruman gehou.

 

 

 

 

 

 

 

Saamroeper vir Openbare Sake, Liza Burger by een van die Kersfees-tafels.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

The post WhatsApp wenke appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Nuttige tuinwenke

$
0
0

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 11 November 2020

 

Tuinbou-wenke van VLV-tak

Kuruman VLV-tak het op Woensdag 11 November 2020 hul jaarafsluiting by Boa-fé gehou.

Elke lid het ‘n spekboom-steggie ontvang.

Omdat baie van 2020 se VLV-byeenkomste weens COVID-19 gekanseleer moes word, het verskillende studierigting-groepe saamgewerk aan hierdie sprokiesmooi vroeë Kersfees-viering.

 

 

 

 

 

 

Ansie Cilliers.

 

Landbou & Tuinbou Saamroeper, Ansie Cilliers, het die geleentheid geopen deur ‘n stukkie uit Nina Smit se Dagstukkies vir Ouma voor te lees. “As jy ‘n ouma is, glo dit gerus: Jy is ‘n ster. As jou gesin dit nog nie vir jou gesê het nie, druk hierdie boek onder hulle neuse!”

 

 

 

Alta Roets met ‘n voorbeeld van hoe die 2 liter koeldrankbottel gesny moet word.

 

Alta Roets, Saamroeper vir Gesondheid, het ‘n tuinbou- / herwinningswenk gedeel.

Gebruik ‘n 2 liter koeldrankbottel om ‘n 1m x 1m grootte groentetuin nat te maak. Maak ‘n gat in die middel van die 1m x 1m bedding.

Sny die bottel soos op die foto en plaas die boonste gedeelte binne-in die onderste gedeelte van die bottel. Druk dit effens in sodat dit stewig bly.  Sny gate noord, oos, suid en wes onder in die bottel, sowel as langs die kante.

Plaas nou die bottel in die gat in die middel van die bedding. Gooi gryswater, soos skottelgoed- of wasgoedwater in die bottel. Sy sê dié metode maak ‘n bedding baie diep nat.

Die bottel is sigbaar tussen die groente.

As ‘n addisionele wenk, sê sy ‘n buiteband maak ‘n wonderlike groentetuin! Ansie Cilliers spog juis met ‘n paar buiteband groentetuinbeddings.

Ansie Cilliers se buiteband groentetuinbeddings.

 

 

The post Nuttige tuinwenke appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Murraysburg hou Kersmark

$
0
0

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Murraysburg

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Datum: 11 November 2020

Beriggewer: Theresa Troskie

 

Murraysburg se Kersvergadering was vanjaar in die vorm van ’n Kersmark.  Agt stalletjiehouers het hul produkte kom uitstal en verkoop en die middag saam met die VLV lede geniet.  Die wêreld het gewemel van die jong mammas en kindertjies!  Altesaam 42 lede en gaste het die geleentheid in Paul en Jeanette Avenant se pragtige tuin bygewoon en dit was voorwaar ’n besondere geleentheid in die hartjie van Murraysburg!

Ds. Luané MacLachlan het ons op koers gebring met ’n kort, kragtige kersboodskap uit Lukas 1 met die tema “Immanuel, God met ons.  Kom staan op die rots, naamlik God, en kry nuwe uitsig.”

Murraysburg Voorbereiding, onder leiding van Elsjé Krüger, het ons vermaak met sang, terwyl hulle op slaginstrumente tydhou.  Soos altyd was dit ’n fees om te luister en hul gesiggies dop te hou!

Elana Grobler het die nuwejaarsvoornemens wat lede in Januarie neergeskryf en in ’n bottel gegooi het, uitgehaal en voorgelees … helaas baie van ons wat in Januarie gesmag het na ’n slanker voorkoms, se wens het toe nie waar geword nie!

Adri Krüger, sameroeper van Kunste en Handvlyt, het ’n demonstrasie gedoen van verskeie engeltjieversierings vir die kerstafel, huis of kersboom.  Soos dit ’n goeie onderwyseres betaam het sy gesorg dat daar skêrtjies, gom, blinkers en karton was, sodat die kinders elkeen met ’n pragtige, selfgemaakte engeltjie kon huis toe gaan.

Vier lede was vanjaar 100% teenwoordig.  Hulle is elkeen beloon met ’n geskenkie.  Drie lede het diensjaarknopies ontvang.  Ons is trots op lede wat vir jare lank getroue en lojale VLV lede is!  Maryn de Klerk en Wilna Pienaar is vanjaar reeds vir 20 jaar lede en Grada Retief is vanjaar al vir ’n volle 45 jaar ’n lid!

Renée Swanepoel het weer eens vir ons ’n pragtige takpublikasie vir 2021 saamgestel.  Lede kan nooit wag om hul nuwe takpublikasie by die Kersvergadering te ontvang nie!  Mag Murraysburg VLV se “Onderonsie” nog lank lewe!

Renée Swanepoel bedank die bestuur wat altyd, sonder verskonings en klaagliedere, gereed is om hul kant 100%  te bring, met die pragtige seënwens uit Breyten Breytenbach se Seisoen in die Paradys:

 

“Mag daar altyd ’n lig brand in julle huis

mag die paddas julle onthou

mag die appels aljaar soeter word

en die druiweprieel groener.

Mag julle vriende wyn saambring vir die kuier.

Mag die huis wat julle betrek, deurtrek bly

van die geur van sederhout en malvablare.

Mag die walle van julle slote nie te gou inkalwe

en instort nie

sodat die water nog helderder daarin kan vloei.

Mag die sterre en die berg en die stilte

oor julle en julle gesin bly waak

nou en môre en môre se aand

en elke van daardie dae se nag.”

Die geliefde Adrie Conradie het die bedankings op haar kenmerkende prettige manier gedoen.  Sy het besluit om by die Munisipale Verkiesings in 2021 te sorg dat ons bekwame VLV voorsitter ten minste sal staan as burgermeester van Murraysburg!

 

 

The post Murraysburg hou Kersmark appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Kunste op Kuruman

$
0
0

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 11 November 2020

 

Papiermaché maskers

Hettie du Plessis-Krüger het op Saterdag 7 November 2020 ‘n kursus in papiermaché te Vryburg bygewoon. Dié kursus is deur Petro Ollewagen van Vryburg VLV-tak aangebied.

 

 

Hettie het op haar beurt, tydens Kuruman VLV-tak se jaarafsluiting op Woensdag 11 November 2020, terugvoering oor dié kursus gegee.

“Op een of ander manier het ek my hele kleuterskool- en skoolloopbaan voltooi sonder dat papiermaché my pad gekruis het,” vertel Hettie laggend.

Gelukkig kon sy hierdie splinternuwe tegniek tydens die kursus in Vryburg aanleer.

Vir die 2021 Beeldende Kunste VLVK kompetisie, moet die masker geskik wees vir ‘n volwasse gesig en na ‘n maskerbal gedra kan word. Dit moet die helfte van ‘n persoon se gesig bedek (vertikaal, horisontaal, diagonaal).

 

Enige soort versierings kan gebruik word, maar dit mag nie meer as 50% van masker beslaan nie. Die masker moet met rek of lint om ‘n mens se kop vasmaak – nie op ‘n stokkie wat jy in jou hand hou nie.

Voorbeelde van versierings deur Petro Ollewagen.

Petro Ollewagen het twee metodes van papiermaché gedemonstreer:

Petro Ollewagen wys, tydens die kursus op Vryburg, hoe ‘n masker van die papier-pap metode lyk.

 

Vir die papier-pap metode skeur jy koerantpapier so fyn as moontlik. Skeur werk beter as knip. Week dit twee dae voordat jy dit gebruik in water.

 

Gebruik dan ‘n “salad spinner” of ander dreineringsapparaat om die ergste water te dreineer. Dit kan selfs gekook of geklits word om ‘n fyn pulp te maak.

 

Meng kouelym by die fyn blokkies in.

 

 

 

 

Jy kan ‘n bestaande masker gebruik en dan die papierpap in die binnekant daarvan giet en laat droog word.

Dit het amper die gevoel van eierhouers wanneer dit droog is.

 

 

Vir die skeur-en-plak metode, kan jy kort smal stroke papier skeur. Dit word ook twee dae voor die tyd in water geweek. As jy droë papier gebruik, lê dit nie so maklik plat nie.

Jy dreineer weer die water.

 

 

Dan plak jy dit op die buitekant van jou bestaande masker, strokie-vir-strokie met kouelym. Jy kan ‘n kwassie of jou vingers gebruik.

 

 

 

 

 

 

 

Jy kan selfs speelklei in plaas van ‘n masker as basis-vorm gebruik en self ‘n unieke masker vorm. Hou net in gedagte presies hoe ver die oë van mekaar af moet wees.

 

 

 

 

Storieboekpapier gee weer ‘n heel ander voorkoms as koerantpapier. Dink selfs aan geskenkpapier, ens.

Kuruman VLV-tak beplan vir Woensdag 18 November om 14:30 ‘n papiermaché maskerwerkswinkel by JAMSS Arts, Crafts & Coffee in Kuruman.

 

The post Kunste op Kuruman appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.


Selfgemaakte stempelblok

$
0
0

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 11 November 2020

Tafeldoek versier met selfgemaakte stempelblok

Hettie du Plessis-Krüger het op Saterdag 7 November 2020 ‘n kursus in papiermaché en die maak van stempels in Vryburg bygewoon. Dié kursus is deur Petro Ollewagen van Vryburg VLV-tak aangebied. Beide items het betrekking tot 2021 se nasionale VLVK kompetisies. Die tema vir 2021 is “Bekoring van kleur en tekstuur.” (Meer oor die papiermaché maskers elders op dié webwerf).

Hettie het op haar beurt, tydens Kuruman VLV-tak se jaarafsluiting op Woensdag 11 November 2020, terugvoering oor dié kursus gegee.

In die Handvlyt-afdeling, kan VLV-lede ‘n tafeldoek versier deur ‘n selfgemaakte stempelblok te gebruik. Die kompetisie gaan meer oor die stempelblok as oor die tafeldoek. Die stempelblok moet die lid se eie handewerk wees.

Een of meer stempelblokke kan op ‘n tafeldoek gebruik word. Voordat jy begin, beplan hoe groot die stempel moet wees. Die grootte van ‘n stempelblok kan wissel tussen 5cm x 5cm en 20cm x 20xm.

Die voltooide tafeldoek moet 100cm x 100cm groot wees en toepaslik vir ‘n ontbyt- of stoeptafel.

   

Die stempel moet op ‘n stewige basis aangebring word. Kurkproppe, houtblokkies, leë blikkies, ensovoorts werk goed.

Die motief word met ‘n kuns- of matmessie gekerf uit spons- of rubberagtige materiaal, soos ‘n uitveër.

Afvalstukkies kan ook bruikbaar wees – Petro Ollewagen het byvoorbeeld ‘n rosie gevorm uit al die afvalstukkies wat sy gehad het.

A4 sponsvelle werk die heel maklikste. Dit sny maklik. Jy kan meer as een laag gebruik. Teken jou ontwerp daarop, knip dit uit, plak dit met Clear Bostik op die stewige basis en druk dit af op jou tafeldoek. Die “raam” / blok moet nie saam afdruk nie. Dit is dus raadsaam om meer as een laag spons te gebruik of om ‘n dikker stuk van die uitveër te gebruik.

 

Die meer gevorderde metode om jou eie stempel te maak, is natuurlik lino-sneewerk.

Onthou dat die stempel in spieëlbeeld afdruk.

 

 

‘n Mens dink dalk aan effekleurige materiaal vir die tafeldoek, maar Petro het op 7 November ‘n paar voorbeelde van gekleurde materiaal gewys wat selfs meer indrukwekkend is. Hierdie spesifieke blomme is met een spons stempel afgedruk – sy het die spons ‘n bietjie gebuig om die blomme verskillend te laat lyk.

 

 

 

 

 

 

 

 

Deur die stempel eers in ‘n donkerder kleur af te druk en dan effens verder met ‘n ligter kleur af te druk, kan mens ‘n skaduwee-effek skep. ‘n Mens kan ook verskillende kleure op een stempel verf en dit dan so afdruk.

 

 

Een stuk kleedstof het sy as hande afdroog lap gebruik terwyl sy lapverf gedoen het. Daardie stuk lap se buitengewone kleure en patrone het ‘n fantastiese agtergrond vir stempelwerk gemaak!

Kuruman VLV-tak beplan vir Woensdag 25 November om 14:30 ‘n stempel-werkswinkel by JAMSS.

 

The post Selfgemaakte stempelblok appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Afsluiting: Vryburg

$
0
0

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Afsluiting

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 17 November 2020

Lede en gaste van VLV Vryburg het die jaar afgesluit met ‘n heerlike ete by Thyme and Again.

Daar is nabetregting gehou oor die deurmekaar jaar en lede is beloon vir hul werk.

Ete by Thyme and Again.

Marietjie, Eurika, Carien, Esta en Nellie is elk beloon vir 2000 punte terwyl Carien die algehele wenner was en ook die Doris Linde trofee ontvang het vir uitnemende prestasie tydens konferensie.

Dorette Visser, Marietjie Steyn, Carien van Niekerk en Eurika Byleveld

Manda Schoon, Margo du Plessis, Marthie Grobler en Petro Ollewagen

Daline Geere, Esta Twigge, Trudie Kok, Nellie Viljoen en Annetjie Botha

 

 

The post Afsluiting: Vryburg appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Huldeblyk: Natania Schmidt

$
0
0

Sirkel: Middelland

Beriggewer: Lynette Martin

Datum: 19 November 2020

 

Huldeblyk

Natania Schmidt (nee Kleynhans)

25 Desember 1966 – 30 Oktober 2020

Natania is op 25 Desember 1966 gebore en sy is die enigste kind van oom Kaai en tannie Mathilda Kleynhans van Despatch.   Sy was in 1984 in matriek, Hoofmeisie van Hoërskool Despatch en slaag matriek met ‘n A gemiddeld; studeer Drama aan die Universiteit van Stellenbosch vanaf 1985; Voorsitter van PEAAT (oudste amateur toneelvereniging in SA) vir etlike jare en was bekend in kuns en dramakringe in Port Elizabeth.

Triomf is in 1997 deur Elzabe Kritzinger en Natania Kleynhans vir die verhoog verwerk en deur ’n semiprofessionele geselskap in Port Elizabeth opgevoer. Volgens Herman Wasserman (Die Burger, 8 Julie 1997) het dit moed geverg om die bekroonde en omstrede roman as ’n verhoogstuk te verwerk.’   Triomf is in 2003 by die KKNK opgevoer en Huppelkind in 2001.

Sy was ‘n gesogte spreker gedurende die Kersseisoen om tafelversierings/decor te demonstreer en dinees en teepartytjies aan te bied.  Hierdie funksies en alle funksies deur haar aangebied was okkasies wat altyd onthou sal word en sy het menigte VLV-lid gefassineer met haar “uit die boks” idees veral met tafeldecor.  Sy was geensins bang om kleur te gebruik nie – daarvan kan al haar vriende getuig wat die voorreg gehad het om by haar aan huis te kuier.

Natania se verbintenis met VLV het in die laat 1990’s gebeur.  In 2005 is sy as Voorsitter van VLV Acqua verkies en hierdie amp het sy neergelê aan die einde van September 2020.  Gedurende haar VLV loopbaan het sy elke liewe vrou wat sy ontmoet het begeester, bepraat, beywer, oortuig dat hulle hulself die geleentheid een keer per maand moet gun om ‘n samekoms van VLV Acqua by te woon.  Almal is op hul naam geken en onthou – dit is maar één van die wonderlike gawes van haar.

Nog ‘n gawe was dat sy met oorgawe gebid het by geleenthede en sy het talle versoeke ontvang om juis dít by vriendinne se begrafnisdienste te doen – sy het altyd gespot dat sy ‘n ‘professionele bidder’ sal word.

Natania het nie net voetspore gelaat in VLV Acqua nie, maar ook in Sirkel Middelland waar sy as Gesondheidsaamroeper (2007 – 2011) en later as Bemarker gedien het.  Funksies soos Bra’s and Beads (2007/8/9) was spoggeleenthede, asook die 2012 VLVK-Tienerkok aangebied deur Sirkel Middelland by Hoërskool Despatch, om maar net ‘n paar te noem.

Dinge na aan haar hart was bejaardes – meer as 12 bejaardes by die Buffelsfontein Aftreeoord is gereeld besoek, bederf en elkeen se spesifieke omstandighede is in aanmerking geneem. Die projek gaan nog steeds aan.  Nog ‘n passie van haar is die dierekinders – die projek om kos, geld en kombersies aan Domestic Animal Care te skenk, gaan voort.

Natania was vir 15 jaar, vanaf 2005 Voorsitter van VLV Acqua en watter voorreg was dit nie vir ons om so ‘n dinamiese persoon aan die stuur van ons sake te hê nie. VLV Acqua tak het diep voetspore in die gemeenskap van Nelson Mandela Metro gemaak. Daar was so baie suksesse, prestasies en projekte wat in hierdie 15 jaar vermag is.  Hoe lekker was dit nie om te kan deel in hierdie kosbare herinneringe nie. Daarom was Acqua een van die grootste takke in VLVK en dit was alles te danke aan Natania.  Die vroue van VLV Acqua is dinamies, ingelig en diensbaar. Ook dankbaar. Dankbaar om ‘n verskil te kan maak. Nie net in haarself nie, maar in die lewens van diegene rondom haar. Wanneer haar maandelikse nuusbrief in jou eposse lê, maak jy eers ‘n koppie koffie, en sit rustig om dit te geniet.  Jy geniet elke oomblik, want sy het so ‘n gawe gehad met woorde.’ Fredalene Snyman, Voorsitter, VLV Acqua.

Haar verbintenis met VLVK is versterk met haar aanstelling as die eerste VLVK Webmeester in 2009 tot en met 2014. Haar keurige, korrekte en beskrywende Afrikaans op die webblad is en bly ‘n advertensie vir VLVK. Haar groot taak was om die VLV-lede die korrekte manier van ‘n berig skryf en aanstuur na haar vir plasing op die amptelike webwerf te leer. Haar geduld om die stappe te verduidelik in leketaal gedurende Kongresse het na vele jare vrugte afgewerp.   Sy het summier jou berig geïgnoreer indien dit nie aan die vereistes voldoen het nie!

Sestien jaar gelede het die ongeneeslike aftakelende siekte VS (veelvoudige sklerose ook beter bekend as MS in Engels) oor haar pad gekom.  Sy het geveg; teruggeveg teen terugslae wat met tussenposes hul verskyning gemaak het, maar was altyd positief en blymoedig.  Die elektriese rolstoel was die afgelope 5 jaar haar “mode of travelling”.   Menigte onderonsies gehad met die deurkosyne wat sy summier met ‘n botteltjie “Tip-Ex” weer reggedokter het.  Sy het ‘n hekel in mense gehad wat altyd laat was en hier het sy Heinrich goed oor die vingers getik as hy nie betyds was nie.

Sy was ‘n formidabele vrou met ongekende lewensvreugde wat ieder en elk se lewens aangeraak het.

Natania ons gun jou dolce far niente (salige niksdoen) Vriendin!

The post Huldeblyk: Natania Schmidt appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Kuruman kies nuwe bestuur

$
0
0

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Bestuur

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 11 November 2020

Kuruman verkies nuwe bestuur

Voor vlnr: Arina Beukes (Vise-voorsitter), Marianne Vorster (Voorsitter), Sarina Malan (Sekretaris) en Bessie Kriek (Argivaris). Agter vlnr: Erika Sieberhagen (Opvoeding & Kultuur Saamroeper), Zelda Lombaard (Leefstyl Saamroeper), Petro Spangenberg (Kunste & Handvlyt Saamroeper), Janet West (Tesourier), Ansie Cilliers (Landbou & Tuinbou Saamroeper), Liza Burger (Openbare Sake Saamroeper), Alta Roets (Gesondheid Saamroeper) en Hettie du Plessis-Krüger (Mediaskakelbeampte).

Kuruman se VLV-tak het pas hul nuwe bestuur vir 2021 verkies en bekend gemaak. Die nuwe bestuur het op Donderdag 5 November 2020 hul eerste bestuursvergadering gehou. Alhoewel 2020 ‘n buitengewone jaar vir die tak was, hoop hul om in 2021 weer volstoom met hul beplande jaarprogram te kan aangaan. Arina Beukes sluit by die bestuur aan as Vise-voorsitter. Liza Burger beklee weer die posisie van Openbare Sake Saamroeper na ‘n kort breek daarvan. Hettie du Plessis-Krüger is ook terug in haar pos as Mediaskakelbeampte, na ‘n draai in Daniëlskuil, waar sy die Voorsitter van die VLV-tak was wat in 2019 op dié dorp gestig is. Al die ander bestuurslede bly onveranderd in hul ampte van 2020. Marianne Vorster bly aan as Voorsitter van Kuruman VLV-tak vir die sesde agtereenvolgende jaar!

Voorsitter Marianne Vorster tydens Kuruman VLV-tak se jaarafsluiting op Woensdag 11 November 2020.

Sy het die volgende brief aan lede van dié tak geskryf (effens verkort).

Ons het ‘n geweldige uitdaging voor ons:

Ons moet die kuns aanleer om positief te bly, te midde van die omstandighede.

Ons geloof in die Here en ons verhouding met hom moet verdiep in hierdie tyd.

Ons omgee-harte moet oortyd begin werk om raak te sien waar ons tot hulp kan wees.

Ons fokuspunt sal dringend moet wees om volwasse opleiding aan vroue te bied.

Elke vrou sal haar energie in haar huishouding en by die werk moet aanwend om positiwiteit aan te moedig en die grootste voorbeeld daarvan moet wees. Ons sal moet blom waar ons geplant is – soos nog nooit tevore!

Ons sal mekaar moet koester en ondersteun en die wêreld sal moet raaksien watter belangrike rol die vrou in elke fasset van die lewe speel – vertrou maar die oordeel van die vrou, maak staat op haar deursettingsvermoë en laat jou fyn aanvoeling jou lei in alles wat jy doen.

Ons sal moet bid sonder ophou!

Ek sien uit om hierdie volgende jaar saam met julle ons rol as vrou uit te leef na die beste van ons vermoeëns – in afhanklikheid van die Here vermag ons die onmoontlike!

 

 

The post Kuruman kies nuwe bestuur appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Ontbyt in ‘n beker

$
0
0

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 11 November 2020

 

Grendeltyd lekkerte: Ontbyt in ‘n beker

Die grendeltyd het vele eksperimente in die kombuis tot gevolg gehad. Saamroeper vir Leefstyl, Zelda Lombaard, het tydens ‘n gesamentlike byeenkoms van Kuruman VLV-tak se verskillende studierigtings ‘n demonstrasie gedoen van een so ‘n eksperiment: “Ontbyt in ‘n beker.”

Bestanddele:

1 Sny brood (sny in ‘n sirkel met ‘n wynglas)

1 Sny tamatie

1 Eier

Sampioene, spek (dit kan rou wees) en gerasperde kaas

Zelda Lombaard demonstreer die “Ontbyt in ‘n beker” en Voorsitter Marianne Vorster hou die mikrofoon vir haar vas.

Metode:

Spuit ‘n beker met voedselsprei (“Spray & Cook”).

Pak die kaas, tamatie, spek, sampioene en brood in lae in ‘n beker.

Klits die eiers. Voeg sout en peper by.

Plaas in die mikrogolf op 80% vir 3 minute.

Zelda wys hoe die eindproduk lyk.

Dit is ‘n lekker vinnige en indrukwekkende ontbyt vir gaste of huismense!

The post Ontbyt in ‘n beker appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Minister van Landbou vereer Wellington Tak

$
0
0

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Studierigting: Landbou & Tuinbou

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum van gebeurlikheid: 22 Oktober 2020

 

Na maande se inperking en dae wat dit gevoel het of ons tak letterlik ingeboks is, breek hierdie Wellington tak uit en word vereer met ‘n besoek van Dr. Ivan Meyer, Weskaap se Minister van Landbou in Oktober.

Met spuit-spuit begin en gemasker ondersteun die tak die vergadering met 75%  bywoning. Minister val weg met die feit dat ‘n 3de van die bevolking in 1918 gesterf het met die Spaanse griep. Dit beteken 50 Miljoen+ het omgekom. Met die huidige Covid-pandemie het Wes-Kaap vinnig brandpunte geidentifiseer soos Witzenberg/Wolseley  & Drakenstein en 100 000 maskers is uitgedeel aan agri-werkers.

Wes-Kaap beslaan 10% van Suid-Afrika en 27 % werkersklas van die land. Sitrusboere het 85ton sitrus geskenk vir Covid-19 gebruik en is uitgedeel in landelike gebiede. 45 % van Suid-Afrika se landbou-uitvoere kom uit die Wes-Kaap. Daarom was dit belangrik om hierdie brandpunte so gou as moontlik te behandel en af  te sonder. Daar is vir verskeie ander permitte en uitvoere  onderhandel wat kon aangaan tydens Covid-19.

Tydens verskeie reise in die Wes-Kaap, word die terugbring van Landbou in skole, bevorder. Dit word gedoen om die volhoubaarheid van landbou te verseker in die toekoms.

Daar word ook samesprekings gehou met Plaaswagte en skakel in by die Departement van Gemeenskapsveiligheid om ondersteuning te verkry vir veiligheid.

Verskeie opheffingswerk word gedoen –“One home, One garden”-projek met reeds 39 gemeenskapstuine en 16 skool-voedingstuine word ontwikkel. Daar word ook bygedra tot die Voedingskemas by skole in Wes-Kaap.

Almal het so gefasineerd gesit en luister na al hierdie gebeure in ons midde voor en tydens Covid. Goeie en bruikbare inligting is gedeel. Minister Meyer sluit sy oggend af met die oorhandiging van ‘n oorkonde aan die VLV- Wellington tak ( eerste vir VLV) ter erkenning en om dankie te sê vir die uitvoering van die Boervrou-Skoenboks-projek in 2019 vir Droogtegebiede asook bydraes gelewer tydens Covid -19. Die takvoorsitter ontvang ook haar eie oorkonde.van Dr. Ivan Meyer vir leiding tydens hierdie projek.

Dit was voorwaar ‘n verrassing van die Departement van Landbou in Wes-Kaap.

Met al die gaste van Landbou , het die marktafel natuurlik geswig onder al die vars en tuisgemaakte produkte van die tak se lede. Gaste is met vol mandjies huistoe.

Dr Ivan Meyer koop vars kool by die marktafel saam met Juanita Loubser

Tannie Edith Hofmeyr ontvang ‘n geskenk van die minister vir haar 90ste verjaardag.

Oorhandiging van oorkonde aan die tak vanaf Departement van Landbou. Juanita Loubser(voorsitter), Minister Ivan Meyer, Thea Kritzinger (Onder-Voorsitter)

June Smit, Amelia Jacobs en Thea Kritzinger agter. Minister Meyer en Juanita Loubser(voorsitter)

 

 

The post Minister van Landbou vereer Wellington Tak appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Almal ervaar die grendeltyd verskillend

$
0
0

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 11 November 2020

 

Hoe Kuruman lede die grendeltyd beleef het

Die grendeltyd het sy voordele én nadele  gehad. Tydens ‘n gesamentlike byeenkoms van Kuruman VLV-tak se verskillende studierigtings, het lede hul ondervindings gedeel.

 

 

 

Noeline du Toit het die geleentheid geopen deur uit Filipense 2 voor te lees.

 

Filipense 2:4-5

“Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.”

 

 

Saamroeper vir Opvoeding & Kultuur, Erika Sieberhagen vertel waaroor  haar studierigting gaan – onder andere jeugopvoeding en senior burgers.

 

 

 

 

Volgende Voetspoor, Ilzé Strydom deel haar grendeltyd ervaring as tiener.

 

“Dit was vreemd om die familie heeldag te sien, elke dag. Na die grendeltyd was ek en my vriende nader aan mekaar, omdat ons mekaar nie kon sien nie. Ek het gesien dat skoolwerk eintlik baie moeilik is as jy dit op jou eie moet doen. Ons sê nie genoeg dankie vir ons onderwysers nie.” Ilzé het al die onderwysers wat die geleentheid bygewoon het opreg bedank vir die werk wat hulle doen.

Lavina Schoeman vertel hoe die inwoners van die Heuwelsig Aftreeoord en die Mimosahof Tehuis vir Bejaardes die grendeltyd ervaar het.

“Ons was regtig-regtig ingeperk. Dit was eintlik onhanteerbaar. Die wat in die woonstelle en huise gebly het, kon net een maal per week dorp toe gaan. Dan moet jy onthou om alles te doen – soos plaasmense. Vir die mense wat in die ouetehuis self is, moes dit verskriklik erg gewees het, want vir lang tye kon daar niemand ingaan om hulle te besoek nie. Ons is almal so lief vir ons kinders en ons kleinkinders, maar hulle kon nie vir ons kom kuier nie. Die tralie-kuiers was maar die algemeen. Dan sit die mense weerskante van die tralies, met maskers, en kuier maar so. Apteke en winkels het darem medikasie en inkopies afgelewer. Die inwoners van die ouetehuis self het baie vereensaam. Wanneer hulle weer besoekers kan ontvang, moet ons maar almal moeite doen op wel by hulle te gaan kuier.”

 

 

 

 

The post Almal ervaar die grendeltyd verskillend appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.


Afsluiting: Strand

$
0
0

Sirkel: Paarl

Tak: Strand

Afsluiting

Beriggewer: Erna de Waal

Datum: 17 November 2020

 

AFSLUITING EN KERSVERGADERING

Dit was ‘n besonder feestelike en vrolike geleentheid toe Strand Tak hul Afsluitingfunksie kon aanbied – slegs die tweede vergadering ná die inperking. Ons het werklik gevoel soos klein kindertjies wat Kersvader vir die eerste keer in lewende lywe sien! Hierdie jaar was vir almal maar moeilik en vol uitdagings, maar gelykermate ook ‘n jaar wat elke vrou tyd gehad het om nuwe projekte aan te pak en ou projekte – wat lankal agterweë gebly het – af te rond. Die lede van Strand Tak het nie stilgesit en handjies gevou nie, maar by projekte aangesluit om die verskriklike armoede in ons omgewing te help verlig. Baie potte kos is gemaak en afgelaai, kospakkies, komberse, warm klere, toebroodjies vir honger kindertjies en toiletware is uitgedeel aan dié wat dit so uiters nodig het. In hierdie “toesluitjaar” het ons almal besef hoe nodig ons mekaar het. Sommige lede het aangesluit by Helpende Hand se projekte wat onder meer 8 000 kleuters van ‘n bord kos kon voorsien en ‘n pilaar van hoop in ons gemeenskap kon wees.

Dit was ons voorreg om Mev. Marinda Rall, President van Sirkel Paarl by ons te verwelkom.  Vroeër hierdie jaar het Strand Tak ‘n nuwe tuiste gevind by Sirkel Paarl nadat Sirkel Kaapstad ontbind het, daarom was dit die ideale geleentheid vir ons om haar aan die lede voor te stel en haar tuis te laat voel in ons geledere. Sy het ‘n boodskap van hoop en positiwiteit gebring en die Strand Tak se Bestuur en lede in hul nuwe Sirkel verwelkom. Hierdie was haar eerste bywoning as Sirkel President ná die deure vir vergaderings “ontsluit” is.

Ds. Frikkie van Niekerk het die vergadering geopen en ons gelaat met ‘n boodskap van optimisme en dankbaarheid. Aan vermaak het dit ook nie ontbreek nie.  Nadat die “Dankie-sê” seremonie afgehandel was, het Mev. Edie Henn en haar dogter Helene, beide kunstenaars bekend ter plaatse asook in die buiteland, hulle naam as befaamde kunstenaars gestand gedoen met sang en klavierspel wat ons sprakeloos gelaat het. Ons is werklik trots op kunstenaars van hierdie formaat in ons eie kontrei. Om die naderende Kerstyd te vier, het almal ‘n paar Kersliedere hartlik saamgesing, met begeleiding deur Edie Hen.

Die dag is afgesluit met heerlike verversings soos net VLV vroue dit kan doen, tee en lekker saamkuier. Ons het almal hoop dat 2021 minder slaggate en spoedhobbels sal hê maar is bereid om enigiets die hoof te bied en onsself laat geld. Ons gaan die Kerstyd in met hoop in ons harte en dankbaarheid vir lewens wat Covid-19 gespaar gebly het.

 

 

 

 

 

 

Mev. Marinda Rall, President van Sirkel Paarl en Mev. Leta du Preez, Voorsitter van Strand Tak, bewonder die feestelike tafels deur VLV lede voorberei.

 

 

 

 

Ds. Frikkie van Niekerk het die opening waargeneem met ‘n pragtige boodskap. Hy was ook baie geïnteresseerd in die simboliek van die VLV embleem en die geskiedenis van die VLV asook die verskil tussen VLV en TLU. Mev. Leta du Preez kon hom al die antwoorde breedvoerig gee.

Die beoordelaars wat by elke vergadering beoordeling in verskeie kategorieë gedoen het, ontvang ‘n blyk van waardering. Hulle is v.l.n.r  Marianna de Villiers (Landbou en Iets uit Niets); Jossie van Schoor, Lina Malan en Amelia Louw (Blommekuns).

Twee kosbare skakels in Strand Tak: Marieta Slabbert wat die Leeskring hanteer en Wilhelmien le Roux wat sorg dat die klankstelsel by elke vergadering sonder haakplekke verloop saam met Mev. Marinda Rall en Mev. Leta du Preez in die agtergrond.

Die trotse lede wat Jaarkentekens van Mev. Marinda Rall ontvang het: v.l.n.r. Annaleze Sieberhagen (35 jr.), Mev. Marinda Rall, Bets Basson ( 25 jr.) en Hilary Nepgen (35 jr.)

 

 

 

 

 

 

Mev. Maretha Badenhorst, Erelid en vorige Voorsitter van Strand Tak, ontvang die Jaarprogram van Mev. Irene Myburgh, Sekretaris.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mev. Marinda Rall, President van Sirkel Paarl, dra ‘n besielende boodskap oor aan Strand Tak, haar eerste boodskap aan hierdie Tak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mev. Irene Myburgh oorhandig die Jaarprogram van Strand Tak aan Mev. Marinda Rall.

 

 

 

 

 

Die gaskunstenaars, Edie Henn en haar dogter Helene het een en almal hoendervleis gegee met hulle uiters professionele en  musikale optrede en hulle programkeuse was onverbeterlik. Hulle mag maar sing!

 

The post Afsluiting: Strand appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

In memoriam

$
0
0

Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Portefeulje: In Memoriam

Beriggewer: Hettie du Plessis-Krüger

Datum: 19 November 2020

Sarie Leyden, ‘n geliefde lid van die Kuruman VLV-tak het op Saterdag 7 November 2020, 13 dae voor haar 85ste verjaarsdag, wat op 20 November 2020 sou wees, gesterf.

                     

Sarie Leyden by 2018 se VLV Sirkel Kalahari Konferensie in Vryburg.

 

Sarie Leyden by ‘n VLV-vergadering met haar gebak- en ‘uit my tuin’-inskrywings.

 

Sarie het in November 2003 by Kuruman VLV-tak aangesluit en was dus vir 17 jaar lid van dié tak. Sy het gereeld aan kompetisies deelgeneem op tak- en sirkelvlak. Sy het byvoorbeeld vir 2020 se konferensie nog ‘n smokrokkie gemaak, twee kantagtige kussingslope gebrei, twee fantasie diertjies gehekel en ‘n laslap drasak gemaak!

 

Sy het ook graag VLV konferensies, kongresse en inligtingsdae en kursusse bygewoon.

Sarie Leyden in die middelste ry, tweede van regs tydens Sirkel Kalahari se 2016 Konferensie in Reivilo.

Sarie Leyden, tweede van links in die heel voorste ry by Sirkel Kalahari se Inligtingsdag wat in Vryburg gehou is in 2018.

     

Kussing kursus          Sarie Leyden op die punt van die tafel en heel regs in die voorste ry by ‘n Kussingkursus wat in 2017 in Kuruman aangebied is.

2017 Kongres Langebaan. Sarie Leyden heel regs in die voorste ry by die VLVK Kongres wat in Langebaan aangebied is in 2017.

Sy was in 2017 nog saam na die kongres in Langebaan. Die kosbare herinnering van Voorsitter Marianne Vorster wat vir Tannie Sarie in ‘n rolstoel oor keistene stoot, was vir lede kenmerkend van daardie kongres.

Sarie was van 21 September 2020 tot haar afsterwe op 7 November 2020, in Bloemfontein in verskeie hospitale.

Sy is aanvanklik opgeneem vir toetse in Busamed Privaathospitaal. Sy het swak en moeg gevoel en haar hande en voete het opgeswel en sy wou graag weet wat die oorsaak daarvan was. Die toetse het ongeveer ‘n week in die hospitaal geneem.

Sy het in die hospitaal geval en haar heup gebreek. Twee dae later het sy ‘n heupvervanging gehad. Alhoewel die operasie ‘n sukses was, het haar hart ‘n knou gekry. Sy het in Busamed ICU gelê.

Sy is oorgeplaas na MediClinic ICU, omdat daar ‘n hartteater en kardioloë is. Hulle het haar daar gemonitor en medikasie vir haar hart gegee. Sy het longontsteking in albei longe opgedoen, maar haar gesondheid het heelwat verbeter.

Sy is uitgeplaas na Stirling Healt Care Cente se Step Down-eenheid. Sy was twee dae daar, toe haar hart ‘n groot terugslag kry.

Sy is gehaas na Netcare Privaathospitaal ICU – die enigste hospitaal wat op daardie stadium ‘n bed in ICU beskikbaar gehad het weens COVID-19. In totaal was sy vir 14 dae daar. Hulle het die longontsteking behandel en haar gesondheid het weer baie verbeter.

Die professor het haar vir 48 uur met ‘n holter hartmonitor getoets. Sy het toe bevind dat die hart vir lang tye ophou klop het. Op Vrydag 6 November 2020, het hulle vir haar ‘n pasaangeër ingesit. Die operasie was ook suksesvol, maar op Saterdagmiddag 7 November 2020, het haar longe finaal ingegee en het sy ophou asem haal.

Sarie het twee kinders en drie kleinkinders gehad. Haar seun, Thys Leyden, sy vrou Adéle en hul dogter Adelaide woon in Deben. Haar dogter, Sarita Roux en Sarita se man, Dawid, het twee kinders, Lourense en Lené. Sarita, Dawid en Lené woon in Kuruman. Lourense het in 2016 praktiese opleiding as joernalis by Kathu Gazette ontvang. Hy werk tans in Vietnam.

 Daar is op Saterdag 14 November 2020 ‘n troosdiens vir Sarie Leyden by die NG Moedergemeente in Kuruman gehou. Lede van Kuruman VLV-tak het eetgoed bygedra en die diens bygewoon. Die diens is ook via Facebook Live uitgesaai: https://www.facebook.com/gloudie.bam/videos/10221100182907914

Sarie was ‘n geliefde, lojale VLV-lid. Kuruman-tak onthou haar met liefde en groet haar met diepe hartseer.

Sarie Leyden in groen by ‘n Openbare Sake vergadering in 2017.

 

 

Sarie Leyden, tweede van regs in die agterste ry, by Kuruman VLV-tak se jaarafsluiting in 2018.

 

 

 

The post In memoriam appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Afsluiting: Robertson

$
0
0

Sirkel:  Worcester

Tak: Robertson

Portefeulje: Kuns  en  Kultuur

Beriggewer : Sunette De Villiers.

Datum:  19 November 2020

 

Robertson Tak het hulle afsluitingsvergadering saam met Flowers @ Work gehou. Kobus Conradie van Kleimond het ‘n demonstrasie gedoen van 3 rangskikkings. Vir 2 van die rangskikkings het hy pryse behaal tydens ‘n virtuele kompetisie tydens grendeltyd.

Die rangskikking met die oranje bakke was “The object of my desire”, waarvoor hy 3de prys verower het en die room en groen een was “ Elegantly styled” – highly commended. Hy het die rangskikkings aangepas vir Kersfees met die blink balle en tintsel. George Burger, sy vennoot, het hom ondersteun.

Sunette de Villiers het al die lede bedank vir almal se deelname en ondersteuning op WhatsApp tydens die grendeltyd. Sy wens die verjaarsdag dames geluk en oorhandig ‘n geskenk aan hulle. Charmaine trek die lootjie vir die gelukkige wenner van die heerlike Vrugtekoek. Sy wens die lede ‘n Geseënde Kersgety en veilige reis toe.

Elke lid ontvang ‘n versierde bottel met tuisgebakte koekies, wat deur die VLV lede gebak is.

Die dames geniet heerlike tee en verversings en ‘n laaste geselsie voor die vakansie.

 

 

 

 

Tafelversiering – The Gringe who stole 2020

 

 Versierde bottels met tuisgebakte koekies.

Ontwerpe voordat hy begin het.

 

 

Turkoois ontwerp

 

Elegantly Styled

 The object of my Desire

 

 

 

 

The post Afsluiting: Robertson appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Wellington vier 90ste verjaardag

$
0
0

Sirkel: Paarl

Tak:Wellington

90ste Verjaardag

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum van gebeurlikheid: 7 November 2020

 

18 April het gekom en gegaan en weens Inperking en Vlakke van inperking in SA, kon hierdie tak se 90ste verjaardagviering nie plaasvind. Met tyd kom raad en geduldig is gewag dat President CR die vlakke moet lig.

Op 7 November 2020 kon Hannes van Wyk uiteindelik in Wellington kom kuier. Wat ‘n belewenis en wat ‘n uitbreek-oggend in die Boland.

Hannes ( alom bekend vir Kwêla aanbieder en as akteur in verskeie TV-reekse) laat nie op hom wag nie en het met sy aankoms al saam met die dames begin kuier en gesels. ‘n Mens mens.  Gemasker en ingeteken is die oggend begin en almal is verwelkom met vonkelwyne van Perdeberg, Du Toitskloof Wyne en JC le Roux. Alles in pienk om vroue te vereer maar ook die ROTS van die oggend . Wellington VLV se graniet-verjaardag!!

Keurig gedekte tafels het die gaste ingewag met die heerlikste happies van salm tot biltong. Natuurlik moet daar by ‘n verjaardag mos koek ook wees en ja, elke tafel het ‘n wortelkoek gehad wat dan ook eerste gesny is. Die koek was eintlik simbolies.

Kom ek begin by 5 Desember 1930 toe Wellington VLV haar ontstaan gehad het tydens hul eerste vergadering. Mev. Jossie Ackerman het vanaf Franschhoek oorgekom om die tak te stig. 13 Vroue was teenwoordig en Mev Anna du Toit is gekies as president. Vergaderings is toe eenkeer per maand in die Marta-saal gehou en in 1963 het die ledetal tot 115 gegroei.

In 1934 word hul eerste skou aangebied en in 1952 hul 2de skou , daarna word elke 3de jaar skou gehou.  Verskeie markte word gehou deur lede en ‘n melktert het ‘n halfkroon gekos in daardie dae. Troues word gedoen om fondse te versterk. In 1963 was ledegelde 75c per lid en in 1965 bied Wellington die eerste keer konferensie aan vir 80 gaste en die koste was R39,05.

Nou kom ons by die Wortelkoek: Susan Rautenbach , voorsitter in 1978, het eers op takvlak en toe op Sirkelvlak eerste gekom met haar wortelkoek. Dit het gemaak dat Wellington daardie jaar die gebakbeker verower het.

Hier volg die resep:

1 ½ k suiker                                       1 kop kookolie

3 ekstra groot eiers                          1t vanielje

1 ½ k koekmeel                                2 t bakpoeier

2 ½  t kaneel                                     Knippie neutmuskaat

1 t sout                                               2 kop gerasperde geelwortels

1 groen appel, grof gerasper          ½ kop gekapte pekanneute

Klits suiker, olie, eiers en vanielje saam.  Sif die droë bestanddele saam en vou in eiermengsel in. Voeg die wortels, appel en neute by.  Meng goed.

Skep in 23cm ringpan en bak ongeveer 45min. Laat 15 min staan en keer uit..

Versier soos verlang.

In 2010 staan die ledetal op 38 lede en hierdie jaar in 2020 op 60 lede. So groei ons elke dag en probeer VLV bevorder in ons gemeenskap. Nou is hierdie tak (dame) 90 jaar jonk. Ons moet belê in Vroue. Lank lewe VLV.!!!

Ons het nie vergeet van Hannes nie. Sy praatjie het gehandel oor Vroue, veral wat ‘n Ma se doel en betekenis is. Koester die ma’s van die lewe wat oor jou pad kom. Elkeen is daar geplaas met ’n rede, maak nie saak hoe sy lyk, wat sy aantrek of watter beroep sy selfs beoefen. ‘n Ma is die een wat saans as almal slaap, eers by haarself uitkom en tyd vir haarself afstaan. Dit is sy wat môre oggend eerste op is om kosblikke te pak of die ketel aan te sit.

Wees lief vir haar en aanvaar haar soos sy is.

Francina Marais en June Smit by gaste van Kleinmond

 

 

Thea Kritzinger en Marina Hancke by gaste van Wellington

 

 

 

 

 

 

Keurige happies en die wortelkoek op die tafel.

 

 

 

 

 

 

 

Pienk vir die oggend met verwelkoming.

 

 

 

 

Welkom

 

 

 

 

 

 

Hannes lag vir die seremoniemeester.

 

 

Oom Samuel Fourie (skrywer van die Langbeenbossieruiker-briefie wat op elke Boks vir ‘n Boervrou geplak is)

 

 

 

Agter:Charlene Elliot, Juanita Loubser, Magda vd Westhuizen en vriendin. Voor: Me.Lategan, Anja Laas, Meline Rontgen(Citrusdal) en Benita Fourie geniet die oggend.

Karin Morkel en Louise Symington(Williston) by Hannes van Wyk

 

 

Agter:Dawn Greyling, Mari Snyman(Brandvlei) en Gerda Smit. Voor: Vriendinne saam met Johan Koch.

 

 

 

 

 

 

Wellingtonners geniet Hannes se boek .

 

 

 

 

 

VLV- lede van Weskus Sirkel het ook die oggend bygewoon.

 

 

 

 

 

Juanita Loubser (voorsitter) by Hannes en Marinda Rall ( Sirkel President Paarl)

 

Juanita Loubser by Elsabe du Plessis (seremoniemeester en Ds. Mardi Badenhorst

 

 

 

 

 

 

 

 

 

The post Wellington vier 90ste verjaardag appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Baie geluk

$
0
0

 

 

 

 

 

Aangesien die nominasies vir die VLVK-president vanmiddag 12h00 gesluit het , wil ek graag bekend maak dat Estelle du Plessis (Sirkel Weskus) onbestrede genomineer is as die volgende (12de) VLVK-president.

 

Baie geluk, Estelle

Karien van Schalkwyk

VLVK- president

The post Baie geluk appeared first on Vroue-Landbouvereniging van Kaapland.

Viewing all 2150 articles
Browse latest View live